Voorspoedige en geseënde 2020 vir jou!
Mag ons almal vanjaar oorweldig word deur God se goedheid, oorvloed en genade! Hierdie is ons eerste KIX e-nuusbrief, steeds propvol nuus en kreatiwiteit.
Ons hoop dat jy die nuwe formaat sal geniet.
Moenie huiwer om vir ons terugvoer te gee nie!


KIXPIRASIE

Kixpirasie is steeds hier, met ‘n spesiale inspirerende gedagte waarmee jy jou KIX kleingroep leiers kan bemoedig.

Is jy blou, rooi, groen of geel?
Bring gekleurde linte of bandjies en krale om armbandjies mee te maak (kleure: blou, rooi, groen en geel).

Baie dankie dat jy hierdie jaar bereid is om ‘n leier te wees by julle Kix-groep. Dis belangrik dat julle as leiers mekaar beter leer ken. Lees die volgende 4 stellings en besluit dan watter stelling (die meeste) op jou van toepassing is. Daar is nie ‘n regte en verkeerde antwoord nie.

Kry die volledige Kixpirasie op ons Facebook blad.


Ons was verheug oor al die pragtige maniere waarop julle meegereis het na Kenia!

Van NG Oudtshoorn-Noord waar die volwassenes en die kinders in ‘n insamelingsresies betrokke was, tot in Cloetesville waar kranig paspoorte gemaak is.

Daar is reeds R45 000 ingesamel!

Die laaste inbetalings kan nog gemaak word, ons wil graag teen einde Februarie die oorbetaling doen na die Reformed Church of East Africa in Kenia.


Hiermee ons nuwe Projekles vir 2020! SmartKIX.

Dit is ons droom om Kix-groepies uit te brei regoor ons streek en verder, en daarom werk ons hierdie jaar saam met SmartStart, ‘n Diaconia projek om 3-4 jariges te stimuleer om skoolgereed te wees. Loer gerus na ons projek en ondersteun dit asb!

Ons is juis opgewonde oor die projek omdat dit nie net ‘n fondsinsameling behels nie, maar ook Kix-groepe uitdaag om betrokke te raak in hul gemeenskappe.

Die projekles is in Afrikaans en Engels beskikbaar. Laai dit af van ons Facebook bladsy.



Ons hersiende Kix kwartaaltemas is nou aanlyn en in boekvorm beskikbaar!

Dit begin by God se storie met die mens en kwartaalboeke kan teen ‘n billike prys bestel word (sien voorblaaie onder). Al hierdie materiaal is ook in Engels beskikbaar.

Kyk uit vir die volgende reeks wat hierdie jaar sal verskyn. Alle vorige ontmoetings is steeds op die webblad beskikbaar.
Kontak gerus vir Maryke by die Jeugkantoor vir navrae en bestellings.


Ons hoop jy het hierdie eerste elektroniese nuusbrief nuttig gevind.
Ons waardeer enige terugvoer, so laat hoor gerus van julle!

Vriendelike groete
KIX SPAN