Die jaar het begin maar ook nie, wat maak ons nou?! 
Die pandemie se ontwrigting is nog nie verby nie en ons gaan vir ‘n lang ruk met die impak hiervan moet saamleef. Ons besef ook dat ons nie kan “wag” totdat alles “oor” is om weer met ‘n KIX-groep te begin nie.

Luister na hierdie wenke, geleen by ons DinkJeug vennoot, wat ‘n paar idees gee vir hoe ons wel hierdie jaar kan afskop.

KIXPIRASIE
versorg jou KIX-leiers

Dankie vir elkeen se commit-ment

Let wel: Hierdie byeenkoms met leiers kan ook aanlyn gedoen word.
Bring sjokolade, mentblare of lekkertjies wat ‘n peperment (Engels – mint) geur het vir elkeen en/of drink saam peperment tee. 

Ysbreker – Aan hoeveel Afrikaanse of Engelse woorde kan julle in 2 minute dink wat die woord “ment” of “mint” bevat?

  • Baie dankie dat jy hierdie jaar bereid is om ‘n leier te wees by julle Kix groep. Kom ons gesels oor die commit-ment en wat dit behels om betrokke te wees by Kix…
  • Ons gaan kinders leer oor die wonder van die Ou en nuwe Testa-ment. Ons wil ook eksperi-ment-eer met stories, crafts en speletjies sodat ons ‘n ruimte skep waar ons elke kind help om Jesus se storie te ontdek. (Vertel hier van die 4 W’s in ‘n Kix ontmoeting.)
  • Ons kan mekaar ondersteun en mekaar aanvul of komple-ment-eer om ‘n span te wees. Ons wil veral let op ons woorde – dat dit altyd die kinders en mekaar sal opbou soos ‘n vars peperment geur, al is dit soms uitdagend.
Gee vir elkeen ‘n peperment blaar om aan te ruik of ‘n peperment lekkertjie om aan te proe. (Onthou net om die Covid-reëls in gedagte te hou.)

Lees saam 2 Korintiërs 2:14
Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ‘n aangename geur.

Gesels saam oor die volgende:
–    
Waarna sien jy uit hierdie jaar?
–    Hoe kan ons mekaar help om ‘n “aangename geur” te wees?

Klik op die prentjie om dit af te laai.
SMARTKIX 

Ons SMARTKIX projek sal oor ‘n tydperk van 2 jaar strek en sal dus eers aan die einde van 2021 afgesluit word.

Kontak ons gerus by [email protected] indien julle in 2020 insamelings gedoen het vir VKO’s, maar nou nie weet waar om die skenkings af te gee nie. Ons help graag om die naaste VKO aan julle te soek!

Kyk gerus die video om jou geheue te verfris en idees te kry om apparaat vir VKO’s te maak.
VALENTYNSDAG

Hier is ‘n paar idees vir Valentynsdag op 14 Februarie
(ja, dit is om die draai!)
Volg die skakels en stuur dit gerus aan ouers.

Hierdie kort animasie video vertel vir kinders waar Valentynsdag vandaan kom.
DinkJeug App vir huisgeloof
‘n Daaglikse podcast (potgooi) met ‘n huisgeloof oordenking wat families kan help om saam te gesels oor die Bybel, geloof en die lewe. Gesinne kan saam bid en die aktiwiteite doen om hul geloof en verhoudings te versterk.
Die app is in die Apple iStore beskikbaar – klik hier.
Op Google Play is dit hier beskikbaar.
Hierdie is ’n baie bruikbare hulpmiddel! Deel dit gerus met ouers in julle gemeentes.
Bly veilig en staan vas!
Ons hoop is in dié EEN wat alles in Sy hand hou.

Vriendelike groete
KIX SPAN

KONTAK ONS BY:
021 808 9050
[email protected]