Welkom by ons 2de KIX nuusbrief van 2021, propvol nuus en idees vir die volgende kwartaal!
Ons is dankbaar vir al die KIX groepe wat weer aan die gang gekom het, al moes daar ‘n paar aanpassings gemaak word. Ons sien oral hoe kinders dit geniet om weer in bekende ritmes en roetines te kom.

In hierdie uitgawe is daar ‘n KIXPIRASIE, ‘n lekker kunsidee vir Moedersdag en Vadersdag, ‘n heerlike reeks vir gesinne om in Pinkstertyd te gebruik en nuus oor ons SmartKIX projek. Dit is ons gebed dat elkeen van hierdie idees en hulpmiddels jou sal help om jou bediening te versterk.                  Lekker lees!

KIXPIRASIE
versorg jou KIX-leiers

Knope

Kix-leiers is soos knope – ons hou alles bymekaar. Maak nie saak watter tipe persoon (of knoop) jy is nie, blink of gewoon, groot of klein – God wil jou gebruik! Jy voel dalk jou rol is gering, maar saam knoop ons kinders en die evangelie aan mekaar.

Ons moet weet hoe om alles oop te knoop en so gou moontlik weer met Kix-groepe begin – terwyl ons dink hoe om die kinders bymekaar te kry en die gemeenskap se Covid-getalle asook die Covid-maatreëls (maskers, sosiale afstand ens.) in ag te neem.

Kix-leiers gebruik die 4 dele van ‘n Kix ontmoeting:

Welkom: Laat kinders tuis voel – knoop die groepies aan mekaar!

Wyding: Aanbid God saam en help die kinders om ‘n konneksie met God te maak.

Woord: Knoop die basiese boodskap van die teks vas met ‘n kreatiewe boodskap.

Werskaf: Knoop die waarheid aan hulle leefwêreld vas op ‘n praktiese manier met die aktiwiteite of crafts.

Met alles binne-in my wil ek aan U vashou. U dra my deur die lewe. Psalm 63:9

Mag jy aan die Here vashou, en onthou dat jy altyd ook aan Hom vasgeknoop is!
‘n Knoop-blommetjie idee vir jul Kixpirasie
SMARTKIX 

Ons droom is om SMARTSTART Vroeë Kind Ontwikkelingsgroepe te help om ook die kleuters in hul groepies geestelik te kan versorg. Ons wil dit doen deur ‘n kinderbybel en ‘n kleuterhandleiding aan groepe te skenk.

Die kleuterhandleiding bevat 5 verskillende idees vir elke Bybelstorie wat op kleutervlak kinders help om die storie te ontdek. Hierdie 5 idees kan as ‘n geheel in ‘n oggend gebruik word, of vir ‘n week lank elke dag apart hanteer word. Die handleiding is amper voltooi en sal gratis afgelaai kan word om dan uit te druk vir gebruik.

Kinderbybels is egter nogals duur. Daarom wil ons ons KIX groepe uitdaag om te help om kinderbybels te bekom vir ons kleutergroepies. Dalk wil julle groep julle kinders of gemeente uitdaag om ‘n R5/R10/R50 te skenk vir elke Bybel wat hulle in hul huis het. Dalk wil julle ‘n Bybellees marathon hou as fondsinsameling of ‘n regte muntlegging hou. Julle kan ook uitvind of daar vroeë kind ontwikkelingsgroepe in jul omgewing is wat nie kinderbybels het nie en spesifiek vir hulle ‘n insameling hou. Ons wil baie graag teen die einde van hierdie jaar begin om kinderbybels saam met die kleuterhandleiding te versprei.

Vir meer inligting oor SMARTKIX en die kleuterhandleiding, kontak ons by [email protected]

HEMELVAART en PINKSTER

KIX Kinderpinkster 2021 is om die draai!
Gesinne sal dit ook self by die huis kan gebruik.
Hier is die program:

Waar kry ek die materiaal?
Die materiaal is by hierdie Google Drive beskikbaar.

Waar kry ek die video’s?
Die video’s is hier op YouTube beskikbaar.


Nog hulpbronne en idees vir Hemelvaart en Pinkster is beskikbaar by: https://dinkjeug.co.za/hemelvaart-pinkster/

MOEDERSDAG en VADERSDAG
Kyk gerus na ons idees vir Moedersdag en Vadersdag.
Klik op die skakel om die bladsy af te laai.

Afrikaans: Moedersdag / English: Mother’s Day 
Afrikaans: Vadersdag English: Father’s Day
DinkJeug App vir huisgeloof
‘n Daaglikse podcast (potgooi) met ‘n huisgeloof oordenking wat families kan help om saam te gesels oor die Bybel, geloof en die lewe. Gesinne kan saam bid en die aktiwiteite doen om hul geloof en verhoudings te versterk.
Die app is in die Apple iStore beskikbaar – klik hier.
Op Google Play is dit hier beskikbaar.
Hierdie is ’n baie bruikbare hulpmiddel! Deel dit gerus met ouers in julle gemeentes.
Indien jy êrens heen reis, wees asseblief veilig op die paaie.
Onthou dat julle enige tyd vir ons jul foto’s kan stuur – ons wil baie graag weet hoe dit met julle gaan!

Vriendelike groete
KIX SPAN

KONTAK ONS BY:
021 808 9050
[email protected]