Goeiedag liewe KIX familie
In tye soos hierdie, waar daar soveel dinge is wat skielik verander het, word ons almal uitgedaag om aan te pas en nuwe moontlikhede raak te sien en ontgin. In die volgende maand en daarna word ons uitgedaag om meer aandag aan ons verhoudinge met mense te gee. Die verskillende maniere waarop ons die media kan gebruik, maak dit vir ons moontlik om steeds kontak te hê met mekaar, al woon ons nie in dieselfde huis nie.Ons stuur hiermee die tweede kwartaal se nuusbrief met die hoop dat ons almal vroeër as verwag veilig genoeg sal wees om hierdie te kan gebruik in ons groepe. Vir KIX groepe wat meer direkte kontak het met KIX kinders se ouers, is dit natuurlik maklik om die KIX materiaal as gesinsontmoetings te versprei.
Onthou ook dat al ons vorige materiaal gratis van die webwerf afgelaai kan word om te gebruik.In hierdie uitgawe is weer ‘n Kixpirasie, inligting oor ons SmartKix projek, spesiale idees vir Vadersdag, Moedersdag en ‘n Paasfees ontmoeting. Ons fokus egter ook op die huidige pandemie en heg twee stukke aan om ouers te help om met hul kinders oor COVID-19 te gesels. Julle is natuurlik welkom om dit wyd en suid te deel.Mag dit van waarde wees vir elkeen wat dit gebruik!  Moenie huiwer om ons te kontak vir enige navrae nie.
COVID-19 VIR KINDERS
Hoe verduidelik ons COVID-19 en maatreëls aan kinders?
Klik op die prentjie om die hulpbron af te laai.

        
KIXPIRASIE
‘n Spesiale inspirerende gedagte waarmee jy jou KIX kleingroep leiers kan bemoedig.

Jy kry “all sorts” van kinders

Koop vooraf ‘n pakkie Liquorice Allsorts vir die leiers om te deel.
Deel ‘n pakkie Liquorice Allsorts lekkers met mekaar en deel wat jou gunsteling lekker daarin is. Gesels saam oor die volgende:

  • Watter verskillende tipe (persoonlikheid) kinders is in jou groep (moenie name noem nie)?
  • Watter verskillende belangstellings het hulle?
  • Hoe verskil hulle omstandighede tuis?
  • Hoe verskil hulle uitdagings?
  • Hoe verskil hulle ervaring van God?

Somtyds is dit moeilik om almal te aanvaar in jou groepie. Sommige kinders daag jou uit en ander ontwrig die groepstyd. Ander is dalk maklik vir jou om mee oor die weg te kom. Gesels met mekaar oor die uitdagings in jou groep en gee vir mekaar raad oor hoe jy dit kan hanteer. Onthou dat die Here kinders met unieke persoonlikhede geskep het en dat Hy “all sorts” (alle tipe) kinders liefhet en aanvaar nes hulle is.
Vir meer inligting oor hoe om uitdagings in die groep te hanteer, besoek gerus Dinkjeug.
Lees Lukas 18:15-17 saam. Bemoedig mekaar en bid vir mekaar.

Beatrice Siraly, die koördineerder van die Reformed Church of East Africa (RCEA) se kinderbediening, laat weet uit Eldoret in Kenia:I am so humbled to receive this good news from you. May I take this opportunity to express my heartfelt gratitude of appreciation for the funds you have raised towards RCEA children’s ministry. May God bless you and enrich you.
Please send our regards to all who participated in the fundraising project.
We plan to use these funds on the following projects:

  • Training of teachers and leaders for worship with children
  • Planning a clear road map of children’s ministry and activity implementation
  • Vocational Bible study with Sunday school children
  • Camps with Sunday school children addressing their spiritual, relational, physical and mental needs
SPESIALE LESSE KWARTAAL 2
Paasfees
Hemelvaart
Moedersdag
Vadersdag
Kry kwartaal 2 se spesiale lesse hier.
Dit sal ook op die Facebook blad gelaai word.
SMARTKIX KWARTAAL 2
Dit is wonderlik om te sien hoe verskeie KIX groepe hulle SmartKix projek afskop!
By Suider-Strand Gemeente het die insameling van die proppe ‘n gemeenskap skoonmaakprojek geword, waaroor ons baie opgewonde is!
Stuur asseblief vir ons foto’s van julle insamelings, ons maak dit graag deel van die volgende nuusbrief.Vir die volgende kwartaal het ons twee nuwe produkte wat die KIX kinders bymekaar kan maak: eierboksies van verskillende groottes en ou CD’s of DVD’s. Julle kan ook voortgaan om nog proppies bymekaar te maak, want ons gaan sommer baie van hulle kan gebruik. Die eierboksies gaan gebruik word vir tel en kleur oefeninge, en met die CD’s en DVD’s gaan ons baie oulike speelgoed maak!In die loop van die nuwe kwartaal gaan ons julle ook uitdaag om ‘n bietjie te begin rondloer in julle omgewing. Van hoeveel Vroeë Kind Ontwikkelingsentrums (creche, dagsorg, kleuterskool) weet julle in julle omgewing? Miskien is daar een of twee by wie julle later in die jaar kan gaan kuier. Meer hieroor later…
Dankie dat julle sulke oulike SmartKix groepleiers en kinders is!!
KIX se VBO opleiding van 13 Februarie

Stories oor die verskillende kinderbedienings en kontekste is met mekaar gedeel en daar is meer geleer oor kinders se ontwikkelingsfases, aanbiedingsmetodes en kreatiewe handwerk idees.

Hierdie mense het ’n passie om God se kinders te help in hul geloofsvorming!

Gaan loer op ons Facebook blad vir die stories agter hierdie foto’s
Onthou dat ons gebede, woorde van hoop, bemoediging asook dade van diens getuienis is dat niks – nie die coronavirus of die noodtoestand of sosiale afstand – ons kan skei van die liefde wat daar in Christus Jesus is nie.

KIX groete in Christus
KIX SPAN

KONTAK ONS BY:
021 808 9050
[email protected]
Facebook: Kix Kinderbediening
www.kixkinders.co.za