Skip to main content

Goeiedag!

Die TV-reeks Konings jare terug het begin met die aanhaling: It was the best of times, it was the worst of times.

Ons het met baie voornemens hierdie jaar begin en moes almal groot aanpassings maak. Dit was en is steeds ‘n ontwrigtende tyd, en hier amper aan die einde van die jaar, is daar steeds een ding waarvan ons kan seker wees:
Deur die genade van die Here het ons nie vergaan nie, sy genade is steeds elke môre nuut vir elkeen van ons!

Ons wil jou aanmoedig om in die laaste stukkie van die jaar elke dag en taak blymoedig aan te pak met ywer, sagkens te wees met jouself en die mense rondom jou, en met deernis daar waar jou hand iets vind om te doen, dit met liefde doen.

In hierdie nuusbrief is daar nuus oor ons volgende reeks wat reg is vir 2021 se gebruik, asook ‘n spesiale hulpmiddel wat ons ontwikkel vir kleuters! Ons groet ‘n KIX staatmaker van Riviersonderend en omdat dit die laaste nuusbrief van die kwartaal is, is ons spesiale Kersfees ontmoeting ook ingevoeg.

Lekker lees!

KIXPIRASIE
versorg jou KIX-leiers

Sout en Lig

Let wel: Hierdie byeenkoms met leiers kan ook aanlyn gedoen word.

Lees saam Matteus 5:13-16.

Baie dankie dat jy hierdie jaar as leier sout en lig was in kinders en in ander mense se lewens.
Sout gee smaak, preserveer en maak wonde skoon. Dankie dat jy met jou unieke persoonlikheid jou gesin / die KIX-groep bedien het, aanlyn bymekaar gehou het en kinders se “wonde” help genees het.
Lig help ons sien en vlamme bring warmte. Dankie dat jy jou eie gesin / kinders / mense in die gemeenskap gehelp het om Jesus raak te sien en hulle met warmte ontvang het.

Deel die volgende met mekaar:
–    Wat was jou uitdagings / verliese in 2020?
–    Wat het 2020 vir jou geskenk gegee?
–    Waar het jy God se lig raakgesien? (lig)
–    Hoe het jy gegroei /genees hierdie jaar? (sout)Sluit af deur vir die Here dankie te sê en te bid vir mekaar.

SMARTKIX KWARTAAL 4

Ons SMARTKIX projek sal oor ‘n tydperk van 2 jaar strek en sal dus eers aan die einde van 2021 afgesluit word.

Kwartaal 4 se herwinbare en herbruikbare produkte is 2-liter melkbottels.
Dankie dat julle steeds help met hierdie insameling!

Fondse wat in 2020 ingesamel is, kan oorbetaal word na:

JEUG
Nedbank
1135 900 264
Tak: 123 209
Verwysing:Naam van gemeente / groep +SmartKix
KERSFEES

Kry ons spesiale Kersfees les oor die wyse manne hier.

Verlede jaar se Advent ontmoeting is ook hier beskikbaar.

Kyk uit vir: kleuterKIX 2021

Ons is tans besig om te werskaf aan spesiale materiaal vir kleuters!

Dit is ideaal vir dagsorgsentrums en kleuterskole en kan saam met ‘n kinder- of kleuterbybel van jou keuse gebruik word.

KIX MATERIAAL
REEKS 2: RIGTERS EN PROFETE

Die eerste boek van die nuwe reeks, Rigters tot Samuel, is nou op ons webwerf beskikbaar.
Klik op die prentjie om dit af te laai.

KIX VIDEO’S

Het jy al ons kort Bybelverhaal video’s gesien?

Klik langsaan op die video om die storie van Spioene in Jerigo te sien en volg ook ons speellys op YouTube.

DinkJeug App vir huisgeloof
‘n Daaglikse podcast (potgooi) met ‘n huisgeloof oordenking wat families kan help om saam te gesels oor die Bybel, geloof en die lewe. Gesinne kan saam bid en die aktiwiteite doen om hul geloof en verhoudings te versterk.
Die volgende paar reekse wat voorlê, is:
Paulus se briewe (begin 19 Oktober)
‘n Reeks oor die Bybel
Josua
Familiegewoontes
5 Vroue in die Bybel
Die app is in die Apple iStore beskikbaar – klik hier.
Op Google Play is dit hier beskikbaar.
Hierdie is ’n baie bruikbare hulpmiddel! Deel dit gerus met ouers in julle gemeentes.
KIX sê BAIE DANKIE aan Joanie Pretorius vir haar bydrae tot kinderbediening op Riviersonderend. Joanie en haar man, ds Kobus, tree hierdie jaar af.
Joanie, jy het koninkryksgolwe gemaak!

Behou die humor

Geniet hierdie kostelike video waar kinders die Kersverhaal vertel en volwassenes dit uitspeel!

Geloof maak die onmoontlike, moontlik
Hoop laat alles ten goede meewerk op die end
Liefde verander die alledaagse in mooi
Mag jy die vreugde van al drie in hierdie seisoen ervaar

Geseënde Kersfees!

Vriendelike groete
KIX SPAN

KONTAK ONS BY:
021 808 9050
[email protected]
Facebook: Kix Kinderbediening
www.kixkinders.co.za