Kontak die Jeugkantoor in Stellenbosch
Tel: 021 882 9923 (x218)
Epos: [email protected]
Ma – Vry: 08:00 – 15:45
Hierdie jaar ondersteun ons Makhathini.
Julle vra seker wie of waar is Makhathini?
Hulle is in Noordoos-KwaZulu-Natal geleë, naby Mosambiek. Hulle is een van die armste gebiede in ons land.
Die meeste kindertjies se mammas en pappas werk in ander plekke of hulle is dood. Daarom moet hulle oumas na hulle kyk.
Daar is ‘n kerk (VGKSA in Makhathini) waar hulle kerk hou en hulle kort ons hulp:
1. Hulle kort ons hulp sodat hulle mense kan help oplei om die kinders te leer van Jesus.
2. Hulle kort ook beter onderwysers, sodat hulle soos ons kan skool toe gaan en leer.
3. Ons kan hulle ook help sodat hulle magies kos kan kry, sodat hulle beter kan leer. Die kinders sukkel om te leer as hulle magies leeg is.
Daarom het ons besluit om hulle te help deur geld in te samel vir MIELIES!!
Ons sal deur die loop van die jaar vir julle voorbeelde noem van projekte wat julle deur die jaar kan aanwend om saam met ons die kinders te help.